1 Sit die hoenderporsies saam met die marinadebestanddele in ’n glas- of keramiekbak en meng goed deur. Bedek en marineer oornag in die yskas. 

2 Voorverhit die oond tot 160 °C en laat die hoender kamertemperatuur bereik. Meng die olywe by die hoender en rangskik dit in ’n enkellaag in ’n vuurvaste oondbak met ’n deksel. Bedek en rooster die hoender vir 45 minute. Haal die deksel af, verhoog die temperatuur na 180 °C en rooster vir nog sowat 15-20 minute of tot die hoender mooi goudbruin en gaar is.

3 Meng die res van die bestanddele en sit dit as ’n slaai saam met die hoender voor. Jy kan hier ekstra gedroogde olywe na smaak oorstrooi of sout en peper op die tafel sit sodat jou gaste hulleself kan help.