ONTHOU...

Om te verseker dat pasta nie aan mekaar kleef nie, gebruik altyd ’n groot kastrol met genoeg water. Laat die water vinnig kook voordat jy die pasta byvoeg en roer die pasta sodra jy dit in die kokende water gegooi het.

Olie by die water gaan nie keer dat die pasta aan mekaar vassit nie; voeg eerder ’n skeut olyfolie agterna by die gedreineerde pasta om te keer dat dit ’n koek vorm.