Kerrie-afval

akkreditasie
Foto's: Francois Oberholster
Foto's: Francois Oberholster
Bereidingstyd: 1 uur
Porsies: 4
Gaarmaaktyd: 3 - 4 uur
Bestanddele
  • 2 - rooi brandrissies, fyngekap
  • KERRIEMENGSEL -
  • 1 - skaapafval (dit sluit die skaapkop, pens en 4 pootjies in, reeds skoongemaak)
  • 1 ml - naeltjies
  • 4 - skaaptongetjies
  • 4 - skywe skaapnek
  • 3 - aartappels
  • 2 - lourierblare
  • 30 ml - olie
  • - gerasperde skil en sap van een suurlemoen
  • 6 - wonderpeperkorrels
  • 10 ml - komyn
  • 2 - uie, gekap
  • 5 ml - vinkel
  • 1 - duim gemmerwortel, geskil en fyngekap
  • 2 - stukke steranys
  • 2 - stukke pypkaneel
  • 6 - kardemomsade, oopgesny
  • 15 ml - koljander
  • 4 - vet knoffelhuisies, gekneus
  • 2 - varkpote, elk in 3 stukke gesny
  • 4 - naeltjies
Metode
Afval het geen bekendstelling nodig nie en is onherroeplik deel van ons kultuur. Probeer gerus dié kerrie-afval-resep – daar is mense wat hul eersgeboortereg daarvoor sal verruil.

1 Skep die harsings met ’n lepel uit die skaapkop en hou dit eenkant. Haal die blokkiespens (ook bekend as die ruitjiespens of kleinpensie) uit die afval en vou die harsings daarin toe. Bind die bondeltjie met tou vas; nie te styf nie, anders skeur dit. Week die pensvel ’n rukkie in ’n bak kookwater – dis makliker om dan daarmee te werk. Dreineer dit en spoel onder lopende water af. Sny dit in blokkies van sowat 5 x 5 cm.

2 Afval kan op die stoof of in die oond gaargemaak word. Die belangrike reël is dat jy dit stadig doen. Sit die afval en varkpote in ’n kastrol en bedek dit met water. Verhit tot kookpunt. Verlaag die hitte en laat prut vir sowat 1 uur met die deksel op. Dreineer die afval en gooi die water weg. Spoel die afval skoon en bedek net-net met water – nie te veel nie. Voeg nou die res van die bestanddele, buiten die aartappels, by. Laat prut vir sowat 21⁄2−3 uur of tot net voordat alles sag is.

3 Haal die tongetjies uit die afval en trek die velletjies af. Sny die tongetjies in skywe en sit dit terug in die kastrol.

4 Skil die aartappels en sny dit in blokkies. Voeg dit ook by die afval in die kastrol.

5 Berei die kerriemengsel Verhit die olie in ’n kastrol en braai die uie tot sag en deur- skynend. Voeg die res van die bestanddele byen roerbraai ’n rukkie totdat al die geure ontwikkel het. Geur met sout en swartpeper,meng saam met die afval en laat prut vir nogsowat ’n uur. Sit voor met rys, stampmielies of pap.

Wenke
  • Vra jou slagter dat hy die skaapkop vir jou kloof.
  • Koop jou afval by ’n betroubare slagter, en maak seker dis reeds skoongemaak.
  • Moenie die afval in ’n swartpot gaarmaak nie. Die suur van die suurlemoensap of asyn kan die afval laat swart word.
  • As jy die afval oornag wil gaarmaak, kan jy dit in ’n oond van 140°C doen.


Jongste uitgawe

Sep | Okt 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees