Oondtemperatuur: 180 °C 

1. Stamp al die bestanddele vir die speserymengsel saam fyn in ’n vysel. Vryf die vleis daarmee in en geur met sout na smaak.

2. Verhit die olie en braai die tjops tot goudbruin oraloor. Skep in ’n oondvaste bak en braai die ui, knoffel, borrie en gemmer saam tot geurig. Skep saam met die kerrieblare, eiervruggies, tamaties en aftreksel by die lam, bedek en sit dit in die oond vir sowat 1 uur en 20 minute.

3. Maak die klapperrys Bring 1,25 liter water tot kookpunt. Voeg die rys, sout, klapper en kardemom by en stel die hitte laer. Laat prut onbedek vir sowat 10–14 minute of tot al die water geabsorbeer en die rys al dente is. Draai die hitte af, bedek en laat stoom vir nog sowat 5 minute.

4. Haal die kerrie uit die oond, roer die garam masala en jogurt deur en verhit tot deurwarm. Proe vir sout en peper en strooi die vars koljander oor. Sit voor met die klapperrys.