Genoeg vir: 4

Bereidingstyd: 10 minute

Gaarmaaktyd: 25 minute

• 4 x 250g-varksteaks (sonder been)

• 10 ml tandoori-speserye

• 15 ml elk olie en botter

• 2 knoffelhuisies, gekap

• 1 duim vars gemmer, geskil en gerasper

• 1 rooi brandrissie, ontpit en gekap

• 10 ml fyn koljander

• 45 ml tamatiepasta

• 250 ml room

• 10 ml bruinsuiker

• basmatirys

• 150 ml grondboontjies, gekap

• vars koljander

Rol die varksteaks in die tandoori-speserye. Braai dit bruin in die olie en botter, en skep uit. Braai nou die knoffel, gemmer, brandrissie, fyn koljander en tamatiepasta saam vir ’n minuut of tot geurig – pasop dat dit nie brand nie. Voeg die room en bruinsuiker by, en bring tot kookpunt. Skep die steaks terug in die sous en laat prut tot die vleis deurgaar is. Sit voor met basmatirys, ’n sprinkel grondboontjies en vars koljander.