1. Smeer ’n ronde losboomkoekpan (20 cm). Smelt die sjokolade en melk saam in ’n glasbak in die mikrogolfoond of in ’n kastrolletjie oor lae hitte.

2. Voeg die botter, suiker, amandels, kakao en koekmeel by en klits tot gemeng.

3. Voeg die eiergele een-een by en klits ná elke byvoeging.

4. Klits die eierwitte tot stywe punte vorm en vou eers ’n kwart met ’n groot metaallepel in die beslag. Vou nou die res liggies in. Skep in die gesmeerde koekpan en bak vir sowat 30-35 minute of tot ferm. Keer uit en sit voor. Sif kakao oor die koek of versier met ’n sjokoladeganache.