1 Voorverhit die oond tot 180°C. Voer ’n groot bakplaat uit met bakpapier en spuit sommer met kleefwerende kossproei ook. Sif die versiersuiker en kakao saam. Roer die klapper by en klits nou met ’n ballonklitser die eierwitte en sout by tot net gemeng. Roer die malvalekkersnippers en donkersjokoladesplinters by.

2 Skep met ’n eetlepel 12 koekies op die bakplaat en bak 12–15 minute of tot die koekies blink lyk (hulle sal verstewig namate hulle afkoel). Glip versigtig die bakpapier op ’n draadrakkie en laat die koekies heeltemal afkoel.