1. Maak seker die patats is goed gewas en droog. Sny dit dan in 5 mm dik skywe en pak dit op ’n bakplaat saam met die uiewiggies en lemoenskywe. Voeg die rissies by en bedruip met die olyfolie en heuning, sout en peper na smaak. Bak onder die roosterelement tot die groente gaar en sag is. Hou dop, want die heuning kan brand voor die groente gaar is. Draai die groente gereeld om soos nodig.

2. Sit die lensies en speserye in 500 ml water in ’n pot op die stoof en bring tot kookpunt. Verlaag dan die hitte en laat prut met die deksel op totdat die lensies sag is (sowat 45 minute). Raadpleeg die aanwysings op die pakkie om seker te maak van die gaarmaaktyd en toets gereeld. Moenie sout byvoeg nie, dit sal die lensies taai maak. Sodra die lensies sag is en die water weggekook het, geur met sout na smaak en enige pansappe van die geroosterde groente, sowel as die tahini en rooiwynasyn.

3. Skep warm op ’n dienbord, strooi die spinasie oor (dit sal begin verwelk) en rangskik die groente bo op – onthou om die heel rissies óf uit te los óf te kap en eweredig te versprei. Dit het klaar ’n brandsmakie aan die groente gegee en jy wil nie hê iemand moet onwerwags ’n heel rissie raakbyt nie. Versier met eetbare blommetjies.