1 Voorverhit die oond tot 180°C. Klits die kakao en koffie saam tot glad; hou eenkant. Klits die botter en suiker saam tot lig van kleur en romerig, voeg die eiers een vir een by en klits ná elke byvoeging tot goed gemeng. Klits dan die meel en die kakaomengsel by tot net glad.

2 Voer die holtes van ’n muffinpan uit met papierrokkies, spuit met kleefwerende kossproei en verdeel die beslag tussen die rokkies. Bak die kolwyntjies sowat 20 minute of tot gaar en uitgerys. Laat afkoel op ’n draadrakkie.

3 Maak die versiersel Klits die botter, grondboontjiebotter, vanielje en versiersuiker saam tot goed gemeng. Oordeel of nog ’n bietjie versiersuiker nodig is vir tekstuur. Skep die versiersel in ’n spuitsak met ’n sterpunt en versier die kolwyntjies mildelik. Rond elkeen af met ’n skyfie grondboontjie-pralien.

Wenk Vir ’n rojale verrassing, maak ’n klein holte in elke koekie voor jy dit versier en vul dit met ’n Lindor-balletjie of skeppie sjokolademousse.