1 Maak die tzatziki Strooi 1 teelepel sout oor die gerasperde komkommer. Laat dit sowat ’n uur in ’n vergiettes staan om die water uit te trek. Druk al die ekstra vog uit en meng met die res van die bestanddele. Verkoel vir 2–3 uur voor jy dit voorsit.

2 Vir die kofta, verwerk al die bestanddele, behalwe die olie, in ’n voedselverwerker. Rol met nat hande in balletjies en vlakbraai in olyfolie in sarsies tot goudbruin oraloor. Dreineer op kombuispapier en sit voor met die tzatziki en ekstra suurlemoenskywe.