Skil 3 klein botterskorsies, halveer en ontpit. Sny nou elke helfte met ’n skerp mes in dun konsertinaskyfies (maar nie regdeur nie) en rooster dit vir sowat 40 minute in die oond met sout en peper, olyfolie, lourierblaar, knoffel en suurlemoensap. Ons het vir die lekker ook laventelblaarbotter bygestip, maar dit is opsioneel.