Kruie-knoffelbotter met steak + roosaartappels

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Francois Oberholster
Knoffelbotter bly ’n wenner.

Kruie-knoffelbotter

  • 240 g botter, by kamertemperatuur
  • 2 knoffelbolle, gerooster*
  • 4 ansjovisfilette, fyngekap
  • 10 ml Dijon-mosterd
  • 15 ml klein kappertjiesade
  • 15 ml elk varsgekapte grasuie, platblaarpietersielie en basilie
  • seesoutvlokkies en varsgemaalde swartpeper na smaak

Klits die botter vir 3 minute tot lig van kleur en romerig.

Druk die sagte, geroosterde knoffel uit die skil en voeg dit saam met die res van die bestanddele by die botter; klits tot gemeng.

Skep die botter op ’n stuk waspapier en rol in ’n lang wors. Draai die punte toe en sit in die yskas tot ferm. Die botter sal tot ’n week in die yskas hou en kan behalwe vir steak ook gebruik word om geroosterde groente, braaibroodjies of ’n gebakte eier op te kikker.

*Rooster die knoffel Sny die bokante van die knoffelbolle (soveel soos jy verkies) af, drup ’n bietjie olyfolie oor elkeen en draai toe in foelie (of sit dit sommer in ’n bakkie met ’n deksel). Voeg ’n lourierblaar by as jy wil. Bak dit dan in ’n warm oond tot goudbruin en sag – dit neem sowat 30 minute teen 180 °C. Jy hoef nie baie olie te gebruik nie, maar die olie waarin die knoffel bak, kry ’n heerlike aroma en is baie veelsydig. Hou dit en gebruik in slaaisouse en roerbraaigeregte.

Gebruik dit só Kies twee mooi lendeskywe (“sirloin steaks”) wat nie ’n groot stuk vet aan het nie en vryf die vleis in met olyfolie, seesout en peper. Braai oor baie warm kole en/of vlamme tot ’n mooi goudbruin kors buite vorm en dit so gaar is soos jy daarvan hou. (Of braai die steaks in ’n baie warm riffelpan.) Laat die vleis vir sowat 10 minute rus en sny dan in 1 cm-skywe. Rangskik die vleis op ’n bed gestoomde groenboontjies op ’n warm bord en plaas ’n skyfie botter bo-op. Werk vinnig, want dis belangrik dat die kos lekker warm is en die botter geleidelik in die vleis en boontjies smelt.  

Roosaartappels

Aartappels het legio geurpasmaats, maar my gunsteling-kombinasie bly goudbruin aartappels gaargemaak met ’n knippie parmesaankaas, ’n leksel botter en ’n lepeltjie room – hemel in elke happie.

Klik hier vir die resep.

Jongste uitgawe

Okt | Nov 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees