Dek jou tafel

“Die belangrikste van ’n aansit-ete is dat die tafel so mooi helder en aantreklik sal lyk dat die gaste lekker sal gesels en eet. Alles wat vir die ete nodig is, moet daar wees.”

  • Kerse gee atmosfeer 
  • Blomme sorg vir geur én atmosfeer 
  • Kies ’n kleurskema en hou daarby 
  • Tafelversierings moet so wees dat al die gaste mekaar kan sien 
  • Dek glase regs bo langs die bord, en dek vir elke gas ’n glas vir elke drankie op die spyskaart, byvoorbeeld ’n waterglas, vonkelwynglas, rooiwynglas en witwynglas 
  • Silwer-eetgerei is altyd in die mode. Meng dit met moderne vlekvryestaalmessegoed as jy nie genoeg het nie. En onthou: Dek die eetgerei so dat dit van buite na binne gebruik word 
  • Die gasvrou besluit wie waar sit en sy dui dit met pleknaamkaartjies aan. Wissel manlike en vroulike gaste af. Die ideaal is dat die gasheer en gasvrou aan die twee punte van die tafel sit sodat hulle aan al die gaste kan aandag gee.


VOORGEREG

Vonkelwyn met gedroogde appelskyfies, salm en kaviaar Vonkelwyn met gedroogde appelskyfies, salm en kaviaar
Geroosterde steurgarnale met piekelwaatlemoen Geroosterde steurgarnale met piekelwaatlemoen

HOOFGEREG

Stadig geroosterde skaapboud met vye Stadig geroosterde skaapboud met vye
Groenboontjies en broccoli met ’n spek-en-balsemieksous Groenboontjies en broccoli met ’n spek-en-balsemieksous

NAGEREG

Kersfeesbombe Kersfeesbombe
Sjokoladehartjies Sjokoladehartjies