Genoeg vir: 18 frikkadelle

Bereidingstyd: 20 minute

Gaarmaaktyd: 20 minute

Oondtemperatuur: 180 °C

Bestanddele

• 500 g gemaalde lam

• ½ ui, fyngekap

• 2 sirkels feta, gekrummel

• 1 eier, geklits

• 30 ml elk vars ment en platblaarpietersielie, gekap

• 1 rooi brandrissie, ontpit en gekap

• 5 ml fyn koljandersaad

• 3 ml sout

• 3 ml witpeper

Slaai:

• 2 middelslag-eiervrugte, dungesny in die lengte

• 30 ml klapperolie, gesmelt

• 30 ml gekapte platblaarpietersielie

• ½ rooi ui, in ringe gesny

• 15 ml rooiwynasyn

• 90 g wilderoket

• 100 ml parmesaanskaafsels

• 15 ml geroosterde sesamsaad

So maak jy

1 Voorverhit die oond. Meng al die frikkadelbestanddele saam en rol in klein frikkadelle. Smeer ’n oondbak met olyf- of klapperolie en pak die frikkadelle daarin. Bak vir sowat 20 minute of tot gaar; rooster vir ’n paar minute as jy dit wil kleur gee.

2 Maak die slaai Voorverhit ’n riffelpan, verf die eiervrugskyfies met die klapperolie en rooster tot gaar en met mooi swart lyntjies. Besprinkel die warm eiervrug met gekapte pietersielie, rooi uie en asyn en meng deur. Meng dan met die res van die bestanddele en sit voor saam met die frikkadelletjies.