Lam-kranspastei

akkreditasie
Bereidingstyd: 1 uur
Porsies: 1 pastei
Gaarmaaktyd: 4 uur 30 min.
Bestanddele
  • 2 - groen brandrissies, gekap
  • 1 duim - vars gemmer, gerasper
  • 250 ml - blatjang
  • 800 g - meel
  • - PASTEIDEEG
  • 2 - stukke steranys
  • 4 - naeltjies
  • 3 - knoffelhuisies, gekap
  • 2 kg - stowelam (gemengde snitte soos boudtjops, rib en nek)
  • 3 - uie, gekap
  • 1 - eier, geklits, vir glaseersel
  • 5 ml - sout
  • 3 - jenewerbessies
  • 3 - lourierblare
  • 3 - selderystingels, gekap
  • 500 g - sagte botter
  • 250 ml - suurroom
  • 1 blik - tamatiepuree
  • 3 - wortels, gekap
  • 5 ml - elk fyn koljander, komyn en paprika
  • - VULSEL
  • 100 ml - meel
  • - olie
Metode
Kry die resep hier.

1. Maak die vulsel Voorverhit die oond tot 160 °C. Rol die vleisstukke in die meel en braai dit in sarsies in ’n bietjie olie tot alkante goudbruin. Skep die gebraaide vleis in ’n oond­ vaste bak saam met die groente en speserye. Voeg die blatjang, tamatie en ’n tamatieblik vol water by en geur met sout en peper. Bedek en rooster vir sowat 4 uur.

2. Haal die vulsel uit die oond en skep soveel vet moontlik af. Laat die vleis afkoel tot hanteerbaar, vlok en verwyder al die bene en heel speserye. Wenk Maak die vulsel die dag voor die tyd en sit dit oornag in die yskas. Die geur raak net beter en dis makliker om met koue vulsel die pastei te vorm.

3. Maak die deeg Pols die meel en botter in ’n voedsel­ verwerker totdat dit soos growwe broodkrummels lyk. Voeg die suurroom en sout by en bring bymekaar. Knie deur tot ’n gladde, elastiese deeg. Vorm die deeg in ’n plat skyf, bedek met kleefplastiek en laat rus vir minstens ’n uur in die yskas.

4. Maak die kranspastei Voorverhit die oond tot 180 °C. Rol die deeg op ’n meelbestrooide oppervlak uit in ’n groot sirkel van sowat 5 mm dik. Hou die grootte van jou bakplaat en oond in gedagte en maak liewer twee pasteie indien een groot pastei nie gaan inpas nie. Sny nou met ’n skerp mes in die middel van die deeg ’n kruis (elke as sowat een derde van die deegsirkel se deursnee; sien skets) en sny dan weer elke kwart in die helfte – amper soos pizzaskywe. Skep die vulsel al in die rondte om die insnydings en laat ’n oop rand van 3 cm aan die buitekant. Vou nou die buitenste deeg oor die vulsel na binne, en vou die “pizzaskywe” deeg na buite oor die vulsel om die krans te vorm. Verf die eier oor en druk die deegrande op mekaar waar dit oorvleuel. Bak die krans vir sowat 20–30 minute (afhangend van die pastei se grootte) tot bros. 

Dié resep kom uit ons eie kookboek, Ta-Da! Nou te koop by boekwinkels landwyd, of aanlyn. KOOP JOUNE HIER.

Jongste uitgawe

Sep | Okt 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees