book-icon Uitgawe Junie 2019

Lam met juweelrys

akkreditasie
Foto's: Francois Oberholster
Foto's: Francois Oberholster
Bereidingstyd: 40 minute
Porsies: 4–6
Gaarmaaktyd: 35 minute
Bestanddele
  • - vars granaatpitte as garnering
  • 5–10 ml - borrie
  • - gerasperde skil van 1 lemoen
  • 80 ml - “trail mix” met gedroogde bosbessies, sonneblomsaad en neute
  • 1 - knoffelhuisie, fyngekap
  • 5 ml - gestampte vars koljandersaad
  • 250 ml - vars lemoensap
  • 12 - lamslendetjops (2–3 per porsie)
  • 1 - klein ui, fyngekap
  • - GEELRYS
  • 15 ml - balsemiekasyn
  • - knippie gerookte rissievlokkies
  • 500 ml - gaar basmatirys
  • - GLASEERSEL
  • 15 ml - heuning
  • 2 - dadels, fyngekap
  • 3 - kardemompeule, gekneus
  • 15 ml - elk botter en olyfolie
  • 15 ml - rooiwynasyn
  • 125 ml - granaatsap
Metode
Die blink glaseersel van granaatsap en lemoen proe eksoties, en met die geelrys vol verrassings is dié gereg ’n fees.

1 Meng die koljander en rooiwynasyn deur die tjops en laat eenkant staan vir 15 minute – dit help dat die geure intrek en die vleis kamertemperatuur bereik. Sit al die glaseerselbestanddele in ’n klein kastrol en roer oor hoë hitte totdat die heuning gesmelt is. Kook dan rustig tot stroperig en met twee derdes ingedamp. Geur met sout en peper na smaak en hou eenkant.

2 Braai die tjops oor matige kole of in ’n warm riffelpan tot heerlik gekaramelliseer, maar steeds blosend. Verf nou mildelik met die glaseersel en braai nog ’n paar minute tot lekker klewerig. Laat rus die vleis terwyl jy die rys maak.

3 Smelt die botter en olie saam in ’n pan en braai die ui en knoffel saam tot glansend. Voeg die res van die geurbestanddele by en roer tot deurgemeng. Voeg laaste die gaar rys by en meng deur totdat die rys goudgeel is. Geur die rys met sout na smaak en sit dadelik voor saam met die gebraaide lam, ’n paar druppels ekstra glaseersel (as daar oor is) en ’n strooisel vars granaatpitte.

Jongste uitgawe

Sep | Okt 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees