1. Stamp al die speserysade saam fyn in ’n vysel.
  2. Voeg dit dan by die res van die bestanddele en meng goed. Vorm sowat 60 ml van die vleismengsel in ’n worsie rondom ’n sosatiestokkie; herhaal met die res van die vleismengsel. Verf die koftas met ’n bietjie olyfolie.
  3. Braai vir sowat 8 minute oor matige kole of onder ’n warm roosterelement. Draai hulle kort-kort om, tot hulle deurgaar is. Sit voor met platbrode, taboeli en jogurtsous.

Wenk Bedek die koftas en laat hulle in die yskas rus tot wanneer jy hulle wil braai. Dit help nie net om die geure te laat meng nie, maar verhoed ook dat die vleis van die stokkies afval tydens die braai.

Taboeli (Tabbouleh)

Plaas 250 ml bulgurkoring in ’n bak en bedek dit met warm water. Laat staan vir 10 minute, dreineer en druk droog. Meng met 125 ml fyngekapte Italiaanse pietersielie, 30 ml fyngekapte vars ment, 2 rooiryp tamaties (ontpit en in blokkies gesny), ½ komkommer (in blokkies gesny), 1 rooi ui (fyngekap), 60 ml olyfolie, 30 ml vars suurlemoensap en 2 gekneusde knoffelhuisies. Bedek en laat vir 2 uur in die yskas staan sodat die geure kan meng en ontwikkel. Roer af en toe. Sit teen kamertemperatuur voor met jogurtsous.

Jogurtsous

Meng 125 ml natuurlike volroomjogurt met 30 ml vars suurlemoensap, 10 ml tahini, 1 gekneusde knoffelhuisie en sowat 30 ml water tot glad. Dis heerlik by enigiets, van vleis tot slaai!