Lamsbredie met dadels, tamaties en kekerertjies

akkreditasie
Die Tuis-leser Bettie van Graan het hierdie resep aangepas van ’n soortgelyke een wat in die Australiese Delicious Magazine verskyn het.

Genoeg vir 6-8 porsies

  • 10 ml borrie
  • 10ml gerookte paprika
  • 15 ml fyn komyn
  • 1kg lamskenkels
  • 60ml olyfolie
  • 2 groot eiervrugte, in stukke gesny
  • 10 piekeluitjies, geskil
  • 1 blik gekapte tamaties
  • 1 blik kekerertjies, gedreineer en gespoel
  • 5ml saffraanpoeier (of drade) opgelos in 125ml water
  • 250 ml aftreksel
  • 10 medjool-dadels, ontpit

Vir die gremolata

  • 125ml Italiaanse pietersielie, gekap
  • 125ml koljanderblare, gekap
  • sowat 1 klein knoffelhuisie, fyngekap (of na smaak)
  • gerasperde skil van 1 suurlemoen
  • 1 vars rooi rissie, gekap

1. Maak die bredie Voorverhit die oond tot 160°C. Meng die borrie, paprika en komyn met sout en peper en rol die lamsvleis daarin. As jy tyd het, kan jy die vleis vir sowat 1 uur in die speserye laat staan sodat die geure kan ontwikkel .

2. Verhit die olie in ’n braaipan en braai die vleis tot goed verbruin. Skep uit en hou eenkant. Braai nou die eiervrug in dieselfde pan tot liggies verkleur. Skep dit saam met die vleis in ’n oondvaste bak met ’n deksel en voeg die uie, tamaties, kekerertjies, saffraanwater en die dadels by. Sit die deksel op (of bedek met foelie) en bak vir 2 ½ uur of totdat die vleis sag is en van die been afval. Haal die kasserol uit die oond.

3. Maak die gremolata Meng die pietersielie, koljander, knoffel, suurlemoenskil en rissie.

4. Vir voorsit Strooi die gremolata oor die bredie en sit voor saam met koeskoes of polenta.

Jongste uitgawe

Sep | Okt 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees