1 Verhit die botter en braai die lam bruin oraloor. Geur mildelik met sout en peper en roer die uie, knoffel, gemmer en speserye by. Braai ’n paar minute lank saam tot geurig. Roer die tamatiepasta by en braai nog ’n minuut. Voeg nou die geblikte tamaties, ’n halwe tamatieblik water en die jogurt by, sit die deksel op en laat prut vir sowat 2 uur. Laat staan om af te koel – die oorblywende hitte in die pot sal die vleis verder sag maak. Sit die pot dan oornag in die yskas.

Skep (as jy wil) enige oortollige vet van die kerrie af (dit sal ’n lagie bo-op die vleis vorm). Herverhit nou die kerrie versigtig, roer die room by en strooi ook die garam masala en die vars koljander oor. Proe en geur na smaak met sout en peper. Sit voor met sambals en gestoomde langkorrelrys.