Lamskenkels met ’n salsa van tamaties, rooi uie en basilie

akkreditasie
Die vars smaak van die tamatiesalsa is heerlik saam met die murgsag geroosterde skenkels.

Genoeg vir: 4 porsies

Bereidingstyd: 30 minute

Oondtemperatuur: 180 °C

Gaarmaaktyd: 2 uur

Bestanddele: 

• 15 ml olyfolie

• 4 lamskenkels

• 1 ui, gekap

• 2 knoffelhuisies, gekneus

• 125 ml rooiwyn

• 30 ml tamatiepasta

• gekapte vars roosmaryn

• 1 lourierblaar

• 2 tamaties, skilletjies afgetrek, in blokkies gesny

• 6 ansjovisfilette, gekap

SALSA

• 4 tamaties, in blokkies gesny

• 1 rooi ui, fyngekap

• ’n hand vol vars basiliekruidblare, rofweg geskeur

Só maak jy ...

1 Voorverhit die oond. Verhit die olie in ’n swaarboom-oondkasserol en braai die skenkels twee-twee op ’n slag tot goudbruin oraloor. Soteer die ui in dieselfde kasserol tot goudbruin en sag, en voeg die knoffel by. Roerbraai vir nog ’n minuut.

2 Voeg die wyn, tamatiepasta, roosmaryn, lourierblaar, tamaties en ansjovis by en bring tot kookpunt. Plaas die skenkels terug in die kasserol, sit die deksel op en rooster dit in die oond vir sowat 2 uur of totdat die vleis sag is.

3 Maak die salsa Meng die tamatie, ui en basiliekruid. Geur na smaak.

4 Haal die kasserol uit die oond; skep die skenkels uit en hou dit warm. Kook die sous af totdat dit dik genoeg is na jou smaak en skep die sous oor die skenkels. Sit voor met die salsa.

Jongste uitgawe

Sep | Okt 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees