1 Maak die vulsel Smelt die olie en botter saam en braai die broodblokkies tot bros. Skuif na die kant van die pan en braai nou die appelblokkies, knoffel en dadels vir ’n paar minute saam tot die appels begin sag word. Meng die brood deur die appelmengsel en roer die pekanneute en roosmaryn by. Verwyder die vulsel van die hitte, geur na smaak met sout en peper en laat afkoel.

2 Sit die rib met die vetkant na onder op ’n skoon oppervlak neer en versprei die vulsel oor die middel van die vleis. Vou die vleis styf oor die vulsel tot die rande net bymekaarkom en bind vas met kombuistou in ’n netjiese rol – mik na ’n enkele buitelaag vleis met vulsel in die middel, eerder as ’n spiraal van vleis en vulsel.

3 Voorverhit die oond tot 180 °C. Rangskik die lamsrol en aartappels in ’n diep oondbak en sprinkel die olie oor. Bak vir sowat 1 uur of tot die vleis en aartappels goudbruin en gaar is. Onthou om die vleis te laat rus voor jy dit voorsny.