1. Verhit die strooisuiker en rooswater saam in ’n klein kastrol oor lae hitte en roer totdat die strooisuiker opgelos is. Laat prut vir ’n paar minute of totdat ’n dun stroop gevorm het. Laat afkoel.
  2. Voeg die stroop by die lemoensap saam met die lemoenskil en suurlemoensap. Plaas dit in ’n bak in die vrieskas en krap die sorbet elke halfuur met ’n vurk om te voorkom dat dit kristalliseer. Jy kan dit ook in ’n roomysmasjien maak. Sit voor met bros koekies.