Oondtemperatuur: 180°C

Giet die kookwater oor die dadels in ’n bakkie en laat week eenkant tot koud.

Voorverhit die oond en voer ’n vierkantige koekpan (23 x 23 cm) uit met bakpapier. Keer die dadels en water uit in ’n voedselverwerker en maak fyn; meng dit dan met die botter, sjokolade en neute.

3 Klits die eiers en suiker saam tot lig en donsig. Vou dan die res van die bestanddele daarby in tot net gemeng en skep in die voorbereide pan. Bak vir sowat 30–35 minute. Die gebak moet nog effens klam wees aan die binnekant. Laat afkoel en sny in blokkies. Dis heerlik net so of opgedollie met gesmelte sjokolade, ekstra neute en versuikerde sitrusskil.