Deel

Marmite-en-tjips-koekies

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Bereidingstyd: 10 minute
Porsies: 24
Gaarmaaktyd: 10-15 minute
Bestanddele
  • 1 pak - (200 g) kaas-en-uiegeur-aartappelskyfies
  • 250 ml - koekmeel
  • 125 ml - botter, sag
  • 500 ml - wit cheddar, fyngerasper
  • - Marmite
Metode
Die oorspronklike koekieresep kom uit Annette Human se Wenresepte 2; dis mev. M. Stassen van Pietermaritzburg se skepping wat ons ’n bietjie opgetof het.

1. Voorverhit die oond tot 200 °C. Voer ’n bakplaat met bakpapier uit. Maak die aartappelskyfies fyn. 

2. Vryf die meel by die botter in tot dit soos growwe broodkrummels lyk. Voeg die aartappelskyfies en kaas by en meng met jou hande tot ’n deeg. 

3. Rol nou die deeg in okkerneutgroot balletjies en druk effens plat. Onthou om dit effens weg van mekaar te pak, want dit sit uit wanneer dit bak. 

4. Gebruik jou duim of die agterkant van ’n houtlepel en druk ’n gaatjie in elke balletjie. Skep ’n bietjie Marmite in elke gaatjie en bak vir 10–15 minute of tot gaar en ligbruin. Haal die koekies uit die oond uit en laat dit op ’n draadrakkie afkoel.

Jongste uitgawe

Julie 2023

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

OPKNAP

Jongste uitgawe
Die jaarlikse Tuis Opknap-gids is nou te koop, met inskrywings uit ons jaarlikse Regruk met Flair-wedstryd, aangebied in samewerking met JoJo.
Begin lees