Halveer die aartappeltjies en kook in soutwater tot gaar. Dreineer en laat effens afkoel. Meng die suurroom en wasabi, roer dit deur die aartappels en geur met sout. Skep die groente en avokado bo-oor en rond af met die forel en sprietuie. Sit louwarm voor met suurlemoenwiggies.