1 Braai die maalvleis in die olie tot goudbruin (breek die vleis deurentyd op met ’n spaan) en voeg die ui, wortel en knoffel by. Braai tot gaar en geurig. Roer die speserye by en braai vir nog ’n minuut; geur ook met sout en peper indien nodig. Roer die tamatie by, maak die blik halfvol water en voeg dit ook by. Laat prut oor matige hitte vir 30 minute. 

2 Skep die gaar aartappels by en roer deur tot alles warm is. Maak ses holtes in die panmengsel en breek die eiers een-een in die holtes. Sprinkel die pietersielie oor en geur met sout en peper. Sit die deksel op die pan en laat prut tot die eiers gaar is. Sit voor met brood of geroosterde tortillas.

Pst! Vul die groente in die gereg aan met gekapte spinasie of murgpampoentjies. Sagte avokado bo-op is ook heerlik.