Braai die maalvleis in die olie tot goudbruin (breek die vleis deurgaans met ’n spaan op). Geur met die speserye, sout en peper. Roer die heuning, tamatiepasta en sojasous by en roerbraai tot die vleis begin karamelliseer.

2 Roer die groente by en sprinkel die sesamsaad oor. Roerbraai nog ’n minuut of twee tot die tamaties bars. Sit voor met gestoomde bruinrys en ekstra sojasous.