As jy nie vertroud is met ’n dubbelkoker nie, kan romerige hollandaise-sous vir menige kok ore aansit. Gelukkig het die Amerikaanse koslegende Julia Child met ’n metode vorendag gekom wat jou bekerversapper inspan.

1 Sit die eiergele, mosterd, asyn, sout en peper in die beker van jou versapper en pols vir ’n paar sekondes tot goed gemeng.

2 Smelt die botter in ’n klein beker in die mikrogolfoond of in ’n klein kastrol op die stoof. Dit moet heeltemal gesmelt en warm wees.

3 Giet die botter in ’n dun straaltjie by die res van die sousbestanddele terwyl die versapper draai. Die hollandaise moet dik en romerig wees. Proe of die geure na jou smaak is, voeg die Tabasco by en sit dadelik voor.

Wenk Jy kan die beker met die sous in ’n pan met louwarm water laat rus terwyl jy die res van die gereg klaarmaak, maar liefs nie te lank nie.

Benedict-eiers met spek, spinasie en ham ...

Halveer en rooster vier Engelse muffins. Braai 250 g spekstukkies tot goudbruinen bros. Roer ’n hand vol babaspinasie by en skep op die onderste muffin-helftes. Sit ’n skyfie gerookte ham (lekker oordadig!) en ’n gebakte eier soos jy daarvan hou op elkeen. ’n Geposjeerdeeier is tradisioneel, maar kook of bak die eiers gerus – die sous is immerse die ster in dié ontbyt! Drup mildelik hollandaise-sous oor en geniet. (En verwag baie komplimente.)