1 Vee die sampioene af met ’n klam lappie. Sit die sampioene in ’n klein kastrol saam met die suurlemoensap, sout en 300 ml water. Bring tot kookpunt en laat prut dan vir 5 minute.

2 Meng die res van die bestanddele in ’n aparte kastrol, bring ook tot kookpunt en laat prut vir ’n paar minute.

3 Skep die geblansjeerde sampioene met ’n gaatjieslepel uit die water in die warm oliemengsel. Meng deur en skep in ’n skoon glas- of erdewarebak waarin die sampioene met pekel bedek is. Sit oornag in die yskas. 

Wenke

• Die geur van die suurlemoenskil word al hoe sterker hoe langer die piekel staan. As al die sampioene nie op een slag opgeëet word nie, haal gerus die skil uit.

• ’n Ekstra strooisel seesout is vir my lekker met die opdienslag. 

• Die pienk peperkorrels en borrie gee ’n wonderlike aroma aan die piekel, maar stel ook ander heel speserye op die proef: Vinkelsaad, komyn, witpeperkorrels, ’n jenewerbessie of suurlemoenblaar is almal goeie alternatiewe.

• Jy kan die tiemie en origanum ook vervang met ’n klein takkie vars roosmaryn.