1 Smelt die sjokolade versigtig in die mikrogolfoond.

2 Sit die klapperroom en die dadels saam in ’n beker en pols met ’n staafmenger. Giet die sjokolade by en verwerk tot goed gemeng. Geur met die rissievlokkies en seesout.

3 Skep die mengsel in ses mooi glasies en sit dit vir 1 uur in die yskas. Geniet net so of garneer met gesifte kakao, ’n strooisel sjokoladesplinters of, as jy waaghalsig genoeg is, gekapte brandrissie.