
- 180 ml (144 g) - suiker
- 25 ml - Amarula (opsioneel)
- 100 ml - botter
- - SOUS
- 125 ml (70 g) - bruismeel
- 250 ml - room
- 60 ml - gekapte pekanneute
- 180ml (72g) - kakao
- 4 - ekstragroot eiers, kamertemperatuur
- 250 ml (200 g) - suiker
- 250 g - botter, gesmelt
Oondtemperatuur: 160 °C
1 Voorverhit die oond en voer ’n lang broodpan (30 x 11 cm) uit met bakpapier. Klits die eiers en suiker saam tot lig van kleur en baie dik en romerig. Sif die kakao en meel saam en vou dit om die beurt met die botter en neute by die eiermengsel in. Giet in die voorbereide pannetjie en bak vir 1 uur.
2 Maak die sous Verhit al die bestanddele saam tot die botter en suiker gesmelt is; laat die mengsel dan vir ’n paar minute kook.
3 Prik die poeding oraloor met ’n toetspen sodra dit uit die oond kom en giet die helfte van die sous oor. Dit sal lekker intrek. Laat afkoel tot kamertemperatuur voor jy dit uitkeer, in skyfies sny en met die res van die sous voorsit. Roomys en ingelegde koejawels is heerlik hierby.