Marokkaanse gevlekte hoender

akkreditasie
Foto: Francois Oberholster
Foto: Francois Oberholster
Francois Oberholster

1. Voorverhit die oond tot 200 °C. Meng die olyfolie, koljander, komyn, kaneel en knoffel. Gebruik ’n kombuisskêr en knip die rugbeen van die hoender los. Jy gaan dit nie gebruik nie; vries dit en gebruik later vir hoenderaftreksel.

2. Draai die hoender om en druk dit met jou handpalm plat om dit oop te vlek. Dreineer die kekerertjies en spoel af onder koue lopende water. Keer die kekerertjies uit in ’n oondbak en giet die aftreksel oor. Plaas die gevlekte hoender bo-op en geur met sout en swartpeper; vryf die hoender met die spesery-olie in. Bedek die bak met foelie en rooster vir sowat 1 uur in die oond.

3. Verwyder die foelie, strooi die kersietamaties oor en oondrooster vir nog sowat 30 minute of tot die hoender goudbruin en gaar is. Sit voor met hoemoes.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

September 2022

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees