Sit al die bestanddele, behalwe die sodawater of gemmerbier, in ’n bekerversapper saam met sowat 8 ysblokkies – pols dit een of twee keer. Vul die versapper met soda- water of gemmerbier, roer en proe. Voeg nog heuning, gemmer en suurlemoen by na smaak. Verdeel die drankie tussen 4 groot wynglase en sit dit voor met ekstra ys.

Probeer dié:

  • Meng ’n skeut of twee wit rum by vir skop.
  • Maak papaja-ysblokkies deur ’n leë yshouertjie met blokkies papaja en water te vul en so te vries. Jy kan ook arbeie of blokkies mango gebruik.