1. Verhit die botter in ’n kastrol en soteer die ui tot sag en glansend. Voeg die seldery en spek by en soteer vir 5 minute tot die seldery sag en glansend is.

2. Voeg die aartappels by en roerbraai dit vir ’n paar minute. Voeg die wyn by en skraap die bodem van die kastrol skoon. Laat die wyn effens indamp.

3. Maak die mielies skoon en gebruik ’n skerp mes om die pitte van die stronk af te sny. Voeg die pitte by die aartappels in die kastrol en roerbraai dit vir ’n paar minute.

4. Roer die koekmeel by, gevolg deur die hoenderaftreksel, roomen melk en bring dit tot kookpunt. Verlaag die hitte en laat die mengsel vir sowat 20 minute prut tot die aartappels gaar is, terwyl jy af en toe roer.

5. Roer die vis of seekos van jou keuse, asook die pietersielie by die sop en laat dit ’n paar minute prut tot dit gaar is. Haal die sop van die plaat af en voeg suurlemoensap na smaak by. Proe en geur na smaak met sout of swartpeper. Sit voor met vars brood.