Genoeg vir:
4-6 blikke

Bereidingstyd: 25 minute

Oondtemperatuur: 180 °C

Baktyd: 25 minute

Bestanddele

• 250 ml polenta

• 250 ml koekmeel, plus ekstra meel vir oorsif

• 15 ml bakpoeier

• 15 ml suiker

• 3 eiers, geklits

• 30 ml ongegeurde jogurt

• 60 ml olyfolie

• 1 blik (220 g) pynappelringe, gedreineer, gekap

• 1 blik (410 g) mielies, gedreineer

• 1 rooi soetrissie, in blokkies gesny

• 1 groen soetrissie, in blokkies gesny

• 1 bossie sprietuie, gekap

• 125 ml mozzarellakaas, gerasper

So maak jy

1 Voorverhit die oond. Meng al die bestanddele behalwe die kaas. Smeer 4-6 skoongewaste blikkies, sif meel oor en skud die oortollige meel uit. (Dit help dat die broodjies makliker uitkeer nadat dit gebak het.)

2 Vul die blikkies driekwart vol met die beslag. Sprinkel die kaas bo-oor en bak vir sowat 25 minute of totdat ’n toetspen skoon uitkom as dit getoets word. Laat effens afkoel, sny om die rande los en keer uit.