1. Meng die mieliepitte, steurgarnaalvleis, brandrissie, masala en koljander goed in ’n groot mengbak. Voeg nou die kekerertjiemeel, bruismeel, bakpoeier en sout by en meng deur. Klits die eiers en melk saam en meng dit deur die mieliemengsel om ’n stywe beslag te vorm.

2. Verhit die olie tot warm. Drup teelepels vol beslag in die olie en braai tot deurgaar en goudbruin oraloor. Gebruik ’n knyptang om die happies in die middel te “kraak” – dit help dat hulle blitsvinnig deurbak. Herhaal tot al die beslag opgebruik is. 

Wat’s in die byt?

Danksy die koskanale op TV is Sriracha-rissiesous nou hoogmode hier op eie bodem. Dit is oorspronklik ’n Thai-sous, gemaak van onder meer rooi brandrissies en knoffel.