1. Vir die brosbrood Voorverhit die oond tot 180°C en voer ’n 23 x23 cm-koekpan met bakpapier uit. Klits die botter en die suiker saam tot lig en donsig. Voeg die meel en vanielje by en meng tot ’n sagte deeg vorm. Druk in ’n eweredige laag op die bodem van die pan en prik oraloor met ’n vurk. Bak vir 30 minute.

2. Vir die pekanneutlaag Smelt die stroop, kondensmelk en suiker versigtig saam en roer tot al die suiker opgelos het. Laat staan tot effens afgekoel. Klits die eiers, meel en vanielje saam en klits die kondensmelkmengsel en die sout by. Strooi die neute oor die brosbroodlaag en giet die karamel oor. Bak vir sowat 35 minute tot gestol. Laat afkoel.

3. Smelt die sjokolade en giet bo-oor. Laat hard word en sny in blokkies.