1 Sit die worsies in ’n kastrol, bedek dit met koue water en verhit tot kookpunt. Verlaag die hitte en laat dit vir 5 minute prut voordat jy dit dreineer en in skyfies sny.

2 Giet die olie in ’n groot kastrol en verhit dit oor matige hitte. Voeg die ui, wortel en seldery by en roerbraai (ook oor matige hitte) totdat dit sag is (sowat 10 minute). Voeg die worsies by en roerbraai tot die worsies begin verkleur. Voeg die tamatiepasta by en roer vir omtrent ’n minuut. Voeg die knoffel, tamaties en die helfte van die pietersielie by en laat prut vir sowat 10 minute.

3 Voeg die helfte van die kool, die helfte van die savojekool en 1 liter aftreksel by. Verhit tot kookpunt, verlaag die hitte en laat prut vir 30 minute.

4 Verwerk die helfte van die boontjies saam met ’n bietjie van die kookvloeistof tot ’n puree en hou eenkant. Voeg die orige boontjies, kool, savojekool en aftreksel by en verhit tot kookpunt. Kook die sop tot die kool sag is, maar steeds ’n vars, groen kleur het. Gooi dan die orige pietersielie, die tiemie en die boontjiepuree by. Geur na smaak. Skep die sop in warm sopbakkies en garneer dit met parmesaanskaafsels en laastens lepels vol pesto of olyfolie. Sit dit voor met warm vars brood.