Sit dié interessante bykos voor met geroosterde hoender of as vegetariese hoofgereg met platbrood.

Oondtemperatuur: 200 °C 

1. Voorverhit die oond. Klits die sous- bestanddele saam en meng dit deur die groente en kekerertjies in ’n oondbak. Rooster in die oond vir ongeveer 45 minute of tot gaar en gekaramelliseer. Roer die groente af en toe, en as dit lyk of die sous te dik word, voeg ’n skeutjie water by.

2. Halveer en ontpit intussen die avokado’s en besprinkel met suurlemoensap om te keer dat dit bruin raak. Maak balletjies met ’n spanspekskepper of sny in happiegroot blokkies. Geur met sout en peper.

3. Laat die gaar groente effens afkoel en sit voor met die avokado en koljander.