Genoeg vir 4

  • 3 eiers
  • 15 ml klappermeel
  • Himalaja-sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 500 ml gerasperde murgpampoentjie
  • klapperolie of uitgebraaide spekvet
  • 100g roomkaas
  • 100g gerookte salm

Maak die blini’s

1 Klop die die eiers, meel, sout en peper saam in ’n mengbak. Roer die murgpampoentjie by en meng goed.

Verhit ’n bietjie klapperolie of uitgebraaide spekvet in ’n pan oor lae tot matige hitte. Skep eetlepels vol blini-beslag in die pan.

Braai die blini’s tot ferm en draai om; hou dit eenkant warm.

4 Sit voor Verdeel die blini’s tussen 4 borde en top met roomkaas en gerookte salm.

010314FLS050-1-300x400