Genoeg vir: 4

Bereidingstyd: 25 minute

Gaarmaaktyd: 35 minute

murgpampoentjie-risotto-main

Bestanddele:

• 15 ml olyfolie

• 2 heel knoffelhuisies

• 400 g murgpampoentjies

• skil en sap van 1 suurlemoen

• 500 ml risottorys

• 100 ml witwyn

• sowat 1,2 liter warm groenteaftreksel

• 50 ml botter

• 120 ml gerasperde parmesaanof pecorinokaas

• basilieblare

1. Verhit die olyfolie in ’n dikboomkastrol en braai die knoffel tot geurig. Skep uit en gooi weg. Sny die murgpampoentjies in dun skyfies en braai dit in die knoffelolie tot sag. Geur met sout, peper en gerasperde suurlemoenskil en skep uit. Braai die rys in dieselfde pan tot glansend – voeg ’n bietjie ekstra olyfolie by indien nodig. Voeg die witwyn by en kook dit weg. Roer nou die aftreksel 100 ml op ’n slag by en kook oor hoë hitte tot geabsorbeer. Herhaal tot amper al die aftreksel ingeroer is (20-25 minute); die rys moet nog byt hê en nie heeltemal papgekook wees nie. Roer gereeld.

2. Skep die groente by, geur met sout, peper en suurlemoensap. Roer die botter en helfte van die kaas by. Laat staan met die deksel op vir 5 minute. Roer nog ’n lepel aftreksel by net voor jy dit voorsit sodat die risotto nie stokstyf is nie; skep in bakkies en garneer met die orige kaas en basilieblare.

KOS-footers-2