1 Voorverhit die oond tot 200 °C. Meng die murgpampoentjieskyfies met die suurlemoenskil, olie, sout en peper. 

2 Rol die deeg versigtig oop en sny dit in 8 ewe groot blokke. Maak nou 5 mm van die rand af in elke blok ’n insnyding reg rondom, maar los ’n ongesnyde deel van 1 cm in die middel van elke sy.

3 Verdeel die roomkaas tussen die deegblokke en smeer dit oor die binneste vierkant. Pak ’n dun lagie murgpampoentjieskyfies bo-op. Vou nou die gesnyde hoeke oorkruis na binne en druk dit in die middel van die tertjies vas. As jy eier het, verf die deeg liggies daarmee – dit verseker ’n mooi goudbruin kleur maar is nie noodsaaklik nie. Sit die tertjies op ’n bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is en bak vir 20 minute tot goudbruin en bros. 

4 Maak die slaai Meng die boontjies, ertjies en ment met die olyfolie, sout en peper en skep dit bo-op die warm tertjies. Versier met knoffelblommetjies en geniet dit louwarm.