Genoeg vir: 4
Bereidingstyd: 15 minute
Gaarmaaktyd: 20 minute
• 30 ml olyfolie
• 500 g roerbraaigroente (ons het wortel-, botterskorsie- en murgpampoentjieblokkies gebruik)
• 1 rooi soetrissie, gekap
• 250 ml pynappelblokkies
• 1 bossie sprietuie, gekap
• 2 knoffelhuisies, fyngekap
• 15 ml vars gemmer, gerasper
• 2 eiers, geklits
• 250 g eiernoedels, gaar
• 30 ml sojasous, of na smaak
• 15 ml sesamolie
• 100 g kasjoeneute, grofgekap
1 Verhit die olie en braai die roerbraaigroente tot dit begin verkleur. Voeg die soetrissie en pynappel, sprietuie, knoffel en gemmer by en braai vir nog 5 minute terwyl jy aanhou roer.
2 Skuif die groente na een kant van die pan en roerbraai die eier tot gaar, meng dit saam met die noedels deur die groente en geur met sojasous. Verwyder die pan van die hitte, roer die sesamolie en kasjoeneute by en sit voor met ’n sprinkel vars kruie soos ment, koljander of pietersielie.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET