1. Kry al die slaaibestanddele gereed: Was en druk die kruie droog, kap die groente en week en verfris die noedels volgens die aanwysings op die pakkie.

2. Verhit die ghi en die olie tot warm en braai die tjops aan weerskante tot bruin; geur met sout en peper.

3. Voeg nou die rissie, soetrissies en gemmer by en braai tot geurig. Voeg die bruinsuiker, pynappelstukke en stroop by en braai verder tot die tjops gaar en die sous klewerig is. Geur met die sesamolie, vissous en lemmetjie; sojasous is opsioneel. Onthou om te mik vir balans tussen die soet en sout geure.

4. Laat die vleis ’n minuut of twee rus voor jy dit in skyfies sny. Pak die slaaibestanddele op ’n groot dienbord en rangskik die vark bo-op. Giet elke druppel klewerige sous oor en sit dadelik voor.

Varknektjops word nie altyd in die vleiskaste uitgestal nie. Vra jou slagter om dit vir jou te sny.