1 Sny die stingelente van die sampioene af en maak seker die sampioene is oraloor skoon. Sit dit saam met die uie en lourierblare in ’n oondbak. Meng die res van die bestanddele, behalwe die stroop, om ’n geurolie te maak en meng dit deur die sampioene. Voeg ’n ruim knyp seesoutvlokkies by; laat staan vir 30 minute om te marineer. 

2 Ryg nou die sampioene, uie en lourierblare styf teen mekaar op twee lang of vier kort kebabstokkies. As jy houtstokkies gebruik en jy het genoeg tyd, week dit vir 30 minute in water om te keer dat dit by die hoë gaarmaaktemperatuur vlam vat. 

3 Voorverhit die oond tot 220°C. Bak nou die stokkies vir sowat 10 minute, draai om en bak nog  20 minute. Draai weer en rooster onder die roosterelement vir nog 5 minute aan ’n kant indien jy hier en daar die puntjies wil laat karamelliseer.

4 Drup die stroop of konsentraat oor die gaar sampioene vir ’n sweempie soet saam met al die speserygeure en sit dit voor as voorgereg saam met platbrood. Met ’n strooisel granaatpitte, babaspinasieblare, tamatieslaai en Griekse jogurt waardeur ’n lepel tahini geroer is, is dit ’n kleurryke maal met knars. Hoemoes is ook heerlik daarby. 

Wenk Kies altyd hoë hitte, of jy nou die sampioene in die oond bak, panrooster of oor die kole braai, sodat die buitekant goed karamelliseer.