Die broodjie is heerlik saam met ’n kaasbord en ’n glas yskoue witwyn om aan te teug.

1 Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n 20 cm-broodpan en voer dit uit met bakpapier. Klits die eiers, wyn en olyfolie saam; sif die meel en bakpoeier saam. Roer die eiermengsel by die meel, gevolg deur die olywe, kaas en sout en peper,tot net gemeng. Die beslag hoef nie 100% glad te wees nie, maar al die meel moet ingewerk wees.

2 Skep die beslag in die voorbereide pan en bak 50 minute. Toets vir gaarheid en indien die toetspen nie skoon uitkom nie, bak nog 10 minute. Keer uit op ’n draadrakkie om af te koel. Die broodjie is op sy beste vars.