Genoeg vir: 4
Bereidingstyd: 15 minute
Gaarmaaktyd: 1 uur
Oondtemperatuur: 200 °C

Bestanddele:

  • 250 g spekrepe, brosgebraai
  • 15 ml olie
  • 1 groot ui, gesny
  • 1 groen soetrissie, gekap
  • sowat 400 g gemengde tamaties
  • 1 vel blaardeeg (250 g)
  • vars basilie of roket vir voorsit

So maak jy:

1. Voorverhit die oond. Braai die spek tot bros in ’n oondvaste pan. Skep uit en braai die ui en soetrissie tot glansend. Voeg die tamaties by en braai vir nog ’n minuut of twee sodat als kan deurmeng. Laat effens afkoel.

2. Skep die spek terug in die pan. Rol die blaardeeg oop en sny die hoeke af om ’n sirkel te vorm. Vou dit oor die vulsel in die pan en bak in die oond tot goudbruin en deurgaar (sowat 30 minute). Laat die tert ’n rukkie staan om af te koel voordat jy dit op ’n bord uitkeer.

Wenk Moenie die tert onmiddellik uitkeer nie. Laat staan dit eers sowat 15 minute, want die tamatiesap vloei nogal as jy dit uitkeer. Dit dra by tot die heerlike smaak van die gereg, maar maak seker jou dienbord is diep genoeg daarvoor.