1. Voorverhit die oond en spuit ’n vlak muffinpan met kleefwerende kossproei (ons pan het oulike stervorms).
2. Sit al die bestanddele vir die poffers in ’n groot maatbeker en verwerk met ’n staafmenger tot glad. Verdeel die beslag tussen die holtes van jou muffinpan (jy mag dalk twee keer moet bak indien jy net een pan het, aangesien die resep 18 poffers maak) en bak vir sowat 15 minute of tot gaar en uitgerys. Skep uit en bak die res van die beslag.
3. Maak die sous Roer die botter en suiker saam in ’n klein kastrol oor matige hitte tot die suiker smelt. Roer nog ’n paar minute tot die sousie karamelkleurig word. Roer versigtig die melk en vanielje by (indien daar nou weer kristalle gevorm het, roer tot opgelos). Meng die mielieblom met die ekstra 15 ml melk tot glad en voeg dit by die sous. Kook tot die sousie verdik en jy nie meer rou mielieblom proe nie. Keer uit in ’n bekertjie, reg vir gebruik.