book-icon Uitgawe Augustus 2021

Oumas onder die kombers met chorizo-krummels

akkreditasie

1 Week die brood in die melk. Braai intussen die chorizo-blokkies bros in die botter in ’n pan. Skep die blokkies uit en hou eenkant. Druk die geweekte brood fyn met ’n vurk en meng die maalvleis en varkvleis, die helfte van die chorizo, die rooi ui, eier en pietersielie daardeur. Geur mildelik na smaak met neutmuskaat, sout en varsgemaalde swartpeper (of witpeper indien verkies). 

2 Voorverhit die oond tot 180 °C. Vorm die mengsel in frikkadelle en rol elkeen liggies in koekmeel. Skud enige oortollige meel af en braai die frikkadelle goudbruin in dieselfde pan waarin die chorizo gebraai het (voeg dalk net ’n bietjie olie by die geurige botter). Die frikkadelle moet hul vorm hou, maar hoef nie deurgaar te wees nie. 

3 Was die koolblare en dompel dit in kookwater. Verfris dadelik in koue water en laat afkoel. Draai nou elke frikkadel in een of twee koolblare toe (dit hang af van die grootte) en rangskik in ’n gesmeerde oondskottel. Wenk Hou die klein kernblare vir ’n ander gereg of druk dit tussen die frikkadelle in die oondskottel. 

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Sep | Okt 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees