1. Voorverhit die oond tot 200°C. Plaas die bruismeel, kookwater, olie, sout en peper in ’n groot mengbak en roer driftig tot ’n deegbal vorm. Knie vir ’n paar minute tot glad. Rol die deeg dun uit in ’n groot reghoek.

2. Smeer ’n lagie pesto oor die deeg en rangskik die tamaties, mozzarella en salami bo-op (indien moontlik, kies salami, kaas en tamaties waarvan die skyfies min of meer ewe groot is sodat dit ’n mooi patroon maak).

3. Bak totdat die kaas goudbruin en die kors bros is (sowat 25 minute). Sny in blokke en lê dadelik weg.